konfyt en ingelegde goed

beet blatjang

2 groot bossies beet

8 - 10 uie

6 eetlepels Sterk kerriepoeier

1.5 kgm Suiker

1.5 liter bruin asyn

sout en peper na smaak

3 eetlepels Olie

4 eetlepels Maizena


Kook beet tot sag en rasper

Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet.

Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot

kookpunt

Meng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik.

Bottel warm en bêre.

brandrissie blatjang

Bestandele:

3 uie

10 ml kerriepoeier

2 knoffelhuisies

5 ml mosterdpoeier

500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews

5 ml fyn gemmer

250 ml bruin asyn

5 ml gemengde kruie

750 ml appelkooskonfyt

5 ml sout


Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn

by en kook dit ‘n paar minute lank.

Roer res van die bestanddele by, verhit stadig tot kookpunt.

Laat kook +- halfuur tot dik; roer gereeld

Bottel warm en verseël dadelik.

perske piekels

Bestandele:

1kg Geel perskes

4 gekerfde groot uie

1 groot gekerfde groenrissie

1 koppie sultanas of pitlose rosyne

25 ml kerrie

15 ml sout

5 ml fyn gemmer

5 ml fyn koljander

7 ml “crushed” knoffel

15 ml borrie

3 koppies suiker

50 ml mielieblom

12.5 ml mosterd

1 bottel asyn (750 ml)


Sny die perskes in snippers en kook in mikrogolf tot matig sag.

Kap uie en rissie - moet dit nie te fyn kap nie dit moet grof

wees.

Meng die speserye met 'n bietjie water.

Gooi suiker by asyn en verhit. Roer dit dan tot die suiker begin

oplos.

Voeg  speserymengsel by. En kook vir 15 minute.

Voeg die rosyne by.

Voeg perskes, gekapte uie en rissie by. Kook tot sag in die

bogenoemde mengsel.

Voeg die mielieblom, wat met die sap van die gekookte

perskes aangemaak is, by. Kook tot piekels/blatjang verdik.

Gooi in gesteriliseerde bottels of flesse terwyl dit nog warm

is en maak dit dadelik toe

vyekonfyt

Bestanddele

1 kg ryp vye, geskil

1 kg (1,250 ml) suiker

100 ml water

2 kruienaaltjies


Metode

Sny die geskilde vye in kwarte. Plaas die vye, suiker, water en naaltjies in ’n kastrol.

Verhit en hou aan roer tot die suiker gesmelt het. Die mengsel moenie begin kook voor die suiker heeltemal gesmelt het nie.

Doop ’n kombuiskwas in ’n bakkie koue water en vee die suiker wat teen die rand van die kastrol opkook daarmee af.

Laat die konfyt oor ’n lae hitte vir sowat 30—40 minute prut.

Skep skuim af wat vorm soos konfyt kook. Hoe stadiger die konfyt kook, hoe mooier is sy kleur.

Plaas ’n bordjie in die yskas. Drup van die warm stroop op die koue bord. Trek jou vinger deur die stroop en as die spoor daar bly, is die konfyt reg.

Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse. Maak toe en laat onderstebo afkoel.