terte en poedings

Malvapoeding

30 ml Botter

200g (250ml) Suiker

2 Eiers

280g (500ml) Koekmeel gesif

10ml Koeksoda

188ml Melk

Knippe Sout

30ml Fyn Appelkoos Konfyt

30ml Bruin Asyn


Verhit oond tot 180°C. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg dan die geklitste eier by en vou gesifte meel in.

Meng koeksoda met melk en voeg saam met res van die bestandele by die mengsel.

Skep dit in n gesmeerde oondbak van 22x18cm en bak vir sowat 40 minute. 

Maak intussen die sous. Wanneer die poeding gaar is, haal uit en gooi dadelik die warm sous oor.


Sous

1 Blik ingedampte melk(Ideal Melk)

250 ml warm water

400g (500ml) Suiker

5ml Vanielje geursel


Gooi ingedampte melk, warm water en suiker in 'n kastrol. Bring dit to by kookpunt terwyl jy roer. Onthou die suiker moet gesmelt wees voor die mengsel kook. Voeg dan botter en die geursel by. Wanneer botter gesmelt is, gooi warm sous oor oor warm poeding. Jy kan voorsit met vanielje roomys of enigiets lekker.



Malvapoeding 2

Poeding Bestandele:

2 eiers ( by kamertemperatuur )

210 gm strooisuiker ( 250 ml)

15 ml appelkooskonfyt

150 gm koekmeelblom ( 315 ml)

knippie sout

5 ml koeksoda

30 ml botter

5 ml asyn

125 ml melk


Poeding Voorbereiding:

Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig.

Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam.

Smelt botter en voeg by asyn en melk.

Vou droë bestanddele beurtelings met melkmengsel by

eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde

oondvaste skottel.

Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45

minute.

Sous bestandele:

250 ml room

100 gm suiker ( 125 ml)

100 gm botter

125 ml Suid-Afrikaanse Brandewyn


Sous Voorbereiding:

Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit

uit die oond kom.

Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek.

Dien warm op saam met room.



karamel poeding

Beslag

2 koppies meelblom

2 teelepels bakpoeier

2 ml sout

Sif saam.

1 koppie suiker

4 eetl appelkooskonfyt

2 eiers

2 koppies melk


Klits suiker, konfyt en eiers baie goed saam en voeg

meelmengsel by.

Voeg 2 koppies melk geleidelik hierby.

3 eetlepels asyn

2 teelepels koeksoda


Meng en vou in mengsel in.

Bak in 'n groot skottel vir ongeveer 45 min by 200°C.

Sodra dit gaar is, haal uit oond en gooi sous oor.


Sous

2 koppies suiker

2 koppies melk

1 eetelepel vanilla

1 koppie water

125 ml botter

Kook alles saam en gooi oor warm poeding



koffie- yskastert

1 pak. Tennisbeskuitjies

2 sakkies Orley Whip

sjokolade versiersuiker

1 koppie sterk, swart koffie - koud


Week beskuitjies vinnig in koue koffie.

Gooi 'n dun lagie versiersuiker en dan lagie room. 

Rasper dan Peppermint Crisp oor elke lagie room.

Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.



mikrogolf fudge

1 Blik Kondensmelk

1 Blik Kookwater

3 Eetlepelsvol Goue Stroop

6 Koppies Suiker

1 Koppie Koekmeel

1 Eetlepelvol Asyn

250 Gram Wit Margerien (Wooden Spoon)

1/2 ('n Halwe) Teelepelvol Cream of Tartar

1 Teelepelvol Vanilla Essence


Meng alles behalwe Cream of Tartar en Vanilla.

Kook alles op Hoog in Mikrogolf Oond - Kook vir 8 minute.

Roer goed.

Kook vir 6 minute.

Roer 1/2 Teelepelvol Cream of Tartar in bietjie water opgelos

by. Kook vir nog 20 minute.

Roer goed en voeg Vanilla by en klop flink tot dik.


Gooi in gesmeerde 30 by 45 cm pan uit. Koel af en sny in blokkies.



orrelpoeding

Deeg:

2 Koppies meel

125 gm Margarien

4 Eetlepels appelkooskonfyt

1 Desertlepel koeksoda

Knippie Sout


Smelt margarien en voeg koeksoda en konfyt by.

Meng met meel en sout. Gooi nou stroop in 'n groot bak, bv.

oondpan.

Skep groot lepelsvol deeg in die stroop. Bedek met foelie.

Bak 25 min. By 180°.C


Stroop:

6 Koppies water

2 Koppies suiker

2 Teelepels margarine

2 Teelepels vanielje


Meng die stroop se bestanddele in 'n kastrol en kook vir 5 minute.

Hou dit daarna warm



pampoenpofferties in stroop

Bestandele:

500 ml fyngemaakte pampoen

250 ml bruismeel

10 ml bakpoeier

2 ml sout

kookolie

15 ml botter

325 ml suiker

200 ml melk

40 ml mielieblom

175 ml koue water kaneel


Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik.

Skep teelepels in warm kookolie. Braai goudbruin en gaar.

Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel. Verhit die

botter, suiker en melk tot kookpunt.

Los mielieblom in water op en roer in 'n straaltjie by

melkmengsel. Verhit tot kookpunt en skep oor koekies. Dien warm op.



pynappel - yskastert

Bestandele:

2 pakkies tennis beskuitjies

2 pakkies suurlemoen jellie

1 blikkie ideal melk

3 koppies kookwater

1 blik pynappelmoes


Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys

nie.

Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie

dit laat stol nie.

Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en

klop goed.

Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n

laag beskuitjies gefrummel bo-op.


roly - poly

Stroop:

1 koppie suiker

2 koppies water

1 teelepel bottter

½ teelepel vanielje essens

Kook tot stroop.

Koek:

1 koppie koekmeel

1 teelepel bakpoeier

knippie sout

1 eetlepel botter

2 teelepels suiker

1 eier

Vryf botter in droë bestanddele. Maak aan met geklitste eier

- deeg moet rolbaar wees - voeg bietjie melk by indien te styf

Rol deeg uit in reghoek en smeer appelkooskonfyt oor. Rol

op soos rolkoek

Gooi stroop oor en bak by 180grade vir 40 min of tot bruin

en gaar

Bedien met vla.


sagopoeding

Bestandele:

1 koppie sago

4 eeteel suiker

2 eeteel margarien

5 koppie melk

3 eiers

Kook sago in melk tot gaar. Gooi suiker en margarien by, dan

geklitste eiers. Bak tot bruin.